Punt 2de in ‘HSEL’. Hoërskool Punt het in Februarie 2021 met E-Sport begin.
Hoërskool Punt van Mosselbaai se CSGO-span het 2de in die Eerste Afdeling van die HSEL (High School E-Sport League) geëindig. Hulle speel in September in Rondte 1 van die finale. Hulle is tans 10de in die land en het nog ‘n geleentheid om hul posisie te verbeter.
Die RL-span het 7de in die Premier Division van die HSEL geëindig en het ook vir die finale rondte gekwalifiseer.
Aansoeke vir die uitdunne in 2022 is tans oop en die belangstelling is baie goed.
Hoërskool Punt is baie trots op hierdie twee spanne en hul prestasies.
Sterkte met die finale rondtes!
Lees meer oor Hoërskool Punt:
https://schoolsthatrock.co.za/category/western-cape/western-cape-schools/knysna/