)

HTS Witbank se Donsies gewortel in Waardes

HTS Witbank se “Donsies” is op 28 & 29 Julie tydens ‘n baie spesiale geleentheid amptelik by die Voorloperskool verwelkom deur hul geel beffie op te hang en die res van hul hoërskoolloopbaan aan te pak.

Die leerders in blou het hul hoërskoolloopbaan as groentjies begin, jong boompies wat in die laaste paar maande ongelooflik baie gegroei het. Met ‘n afdruk van hul duim het elke leerder onderneem om HTS Witbank se gedragskode en waardes te onderhou.

Our principal Ms Lienie Botha and members of our prefect body welcomed the “Donsies” into HTS Witbank with an elbow bump. We pray that our Heavenly Father will guide and protect every learner and that the rest of their high school journey will be filled with beautiful memories, loads of excitement and many blessings!

Baie dankie in besonder aan die graadhoof, Meneer Gerhard Pretorius en al die betrokke personeel vir die spesiale geleentheid. Ons glo en vertrou dat elke leerder gewortel in hul waardes sal staan en sal groei tot ongelooflike “arende”.

Meer oor HTS Witbank:

HTS Witbank is ‘n skool met gewone en talentvolle kinders wat werk vir uitsonderlike prestasies tot God se eer. Ons wil jou help om jou talente deur die volgende paar jaar te ontdek en ontwikkel – daarom is die Bobaasblou-skool net die regte keuse vir jou; ons bied baie pret , puik gees en meer as genoeg geleenthede.

Die skool bestaan al sedert 1954 en steeds bou ons voort op ‘n naam diep gewortel in ons gemeenskap.

As jy deel wil word van die Bobaasblou Familie is die grootste werk verby, en kan ons nie wag om jou in te span en deel te maak van een van dié Voorloperskole in ons distrik nie.  vele geleenthede word by ons aangebied. Op Akademiese vlak presteer ons skool uitsonderlik, op die Kultuurgebied is ons beslis iemand om mee rekening te hou, en natuurlik lê ons Sport ons baie na aan die hart.

Dit is vir ons ‘n voorreg om met die kroon van God se skepping – ons kinders – te kan werk. Dis vir ons lekker om jongmense op hul lewenspad te help.

https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/mpumalanga/

https://www.htswitbank.co.za

#niemeergroentjiesnie#welkom#DieVoorloperskool#TheBlueCrew#BlueFamily

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal