Willem Postma het vir Juffrou Mariaan Hugo gegroet na 38 jaar en 8 maande by die skool.
Sy is dankbaar teenoor Jesus dat sy so lank by hierdie wonderlike skool kon skoolhou.
Elke kind vir wie sy gedurende hierdie tyd skool gehou het, het ‘n vinger-afdruk op haar hart gelaat.
Sy gee graag ‘n boodskap vir elke Possiemaat: “mag elke seun en dogter die ore van ‘n Samuel hê om te hoor wat God vir jou sê en om ook soos Salomo te vra vir wysheid en gehoorsaamheid.
Hulle moet ook gaan leer by die vier klein diertjies waarvan ons in Spreuke 30: 24-28 lees:
“Daar is vier goed in die wêreld wat klein is maar buitengewone wysheid het: miere is nie sterk nie en tog sit hulle in die somer vir hulle kos weg; dassies het nie veel krag nie en tog maak hulle hulle tuis teen die kranse; sprinkane het nie ‘n koning nie en tog trek die hele swerm in formasie; ‘n geitjie kan jy met die hand vang en tog kry jy hom in koninklike paleise.
” Werk elke dag hard om die vrugte te pluk. Dassies is nie ‘n magtige volk nie, maar tog bou hulle hul huise op rotse waar hulle weet hulle sal veilig wees. Die sprinkaan het nie ‘n koning nie, maar saam trek hulle as ‘n swerm – niemand sê vir hulle wat om te doen nie maar elkeen weet presies wat sy plig en taak is. Die geitjie is maar baie swak maar tog sal jy hom vind in ‘n koninklike paleis.
Maak Jesus jou koning, Hy is jou ewige rots.
Onthou, Jesus is ontsettend lief vir jou en jy hoef vir niks bang te wees nie want jou naam is in Sy handpalm gegraveer.
Die Here is jou Herder en dan kom jy niks kort nie.
Ek hoop dat God se genade elke dag oor julle sal reën.
Onthou, Willem Postma se leuse is ‘Lewe is diens’. Wees diensbaar en bly altyd ‘n trotse Possie!
Lees meer oor Primêre Skool Willem Postma
https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/freestate/freestate-schools/