)

Laerskool Mooirivier – Hoofleiers vir derde kwartaal bekend gemaak

Die Hoofleiers van Laerskool Mooirivier in Potchefstroom us vir Kwartaal 3 bekend gemaak.

Die leerders wat die leiers gaan verteenwoordig vir Graad 7-2 is Henru Erasmus en Stephané Hook Graad 7-5. Marthin Koch en Anke Garbers vir Graad 7-11 en Jahndré Coetzee en Lana Laubscher vir Graad 7-1. Benjamin van Wyk en Annalia Smit vir Graad 7-19, asook Jandirk Deacon en Cara Hulley.

Baie sterkte met al julle take en pligte wat voorlê.

Foto’s verskaf

Meer oor Tokkies:

https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/north-west/

https://laerskoolmooirivier.co.za

Laerskool Mooirivier se Leierstelsel:

Elke leerder vanaf gr. 1 tot 7 kry ook gedurende die jaar die geleentheid om as klasleier op te tree. Gedurende kwartaal 4 van elke jaar word daar ‘n gr.6-leierskamp gehou waar leierskapontwikkeling en -identifisering plaasvind.

Die medialeiers word ook uit gr.6-leerders gekies. Hulle kry deur die jaar geleentheid om verantwoordelikheid in die Mediasentrum te neem.

Al die gr.7-leerders kry by Laerskool Mooirivier die geleentheid om hulle leierskap potensiaal te ontwikkel, deurdat hulle in kwartaal 1, 2 en 3 as skoolleiers optree.

Die hele gr.7-groep word in vyf groepe verdeel.

Die groepe roteer die eerste drie kwartale tussen die volgende aktiwiteite:

  • Terreinleiers
  • Saalraad
  • Skolierpatrollie
  • Klastoesig
  • Snoepiediens

Daar word elke kwartaal twee Hoofleiers vir elke gr.7-voogklas aangewys. Aan die einde van die derde kwartaal word die finale leiers gekies, d.m.v. ʼn verkiesingsproses. Die jaar se amptelike Hoofleiers word dan verkies vir die laaste kwartaal.

Hierdie finale leiers neem dan verantwoordelikheid vir skolierpatrollie, saalraad, terreinleiers, klastoesig en snoepiediens onder leiding van die hoofleiers tydens die 4de kwartaal.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal