)

Uppies mateloos trots op hul 4de Springbok Rugbyspeler

Foto: Jasper Wiese

Schools That Rock berig oor Springbok, Jasper Wiese

Oud-Uppie Jasper Wiese (2013) het Vrydag 2 Julie sy debuut vir die Springboke van die bank af teen Georgiƫ gemaak. Die wedstryd het op Loftus Versveld plaasgevind en die Springbokke het met 40-9 geseƫvier. Volgens kommentators het Jasper bykans geen voet verkeerd gesit nie. Hy het die bal 5 keer hanteer en 21 meter gedra.

Jasper is een van 4 Uppies wat die Springbokke al verteenwoordig het. Springbokspelers Tiaan Strauss, Willem Barnard, Daantjie Rossouw is ook oud-Uppies.

Jasper was van kleins af passievol oor rugby en het op Grootdrink, sy klein tuisdorpie, heeldag met ‘n rugbybal onder die blad rondgehardloop. Sy hoĆ«rskooljare by Uppies het hom die geleentheid gegee om sy passie uit te leef. Hy het die Oranje trui met trots gedra en elke wedstryd met entoesiasme voltooi.

Jasper het na skool by die Cheetahs aangesluit waar hy Currie Cup en Pro 14 gespeel het. Hy speel tans in Engeland by Leicester Tigers waar hy groot naam gemaak het vir homself.

Baie sterkte Jasper, Upington staan agter jou al die pad!

Meer nuus oor Uppies:

https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/northern-cape

http://www.uppies.co.za

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal