)

Pampoenrokfunksie sal Juffrou Roodt altyd bybly

Vandat juf. Lise-Mari Roodt by Oranje se deure ingestap het, het haar glimlag ‘n verskil gemaak en het sy haar lewensleuse van “always be kind” elke dag uitgeleef.

Ná ’n bietjie meer as ’n jaar as Oranjeniet, het juf. Roodt voorverlede week gegroet. Sy gaan nou onderrig by die Hoërskool Fichardtpark waar sy in 2014 die hoofmeisie was en vroeër ook skoolgegee het.

Van kleins af al was haar droom om ‘n onderwyseres te word en haar vakke was nog altyd haar groot liefde (jammer mnr. Roodt). Sy was vanjaar die gr. 9A-klas se klasbestuurder.

Die besluit om Oranje te verruil vir Fichardtpark was nie ‘n maklike een nie. Oranje het diep in haar hart gekruip en dit was vir haar ‘n gebedsaak. Sy gaan haar passie vir Wiskunde en Engels met haar alma mater deel en haar loopbaan bevorder. Sy vertel dat sy baie lief is vir Oranje se gees en baie van haarself geleer het, soos om haar “vrou te kan staan”.

Haar onvergeetlikste oomblik was by die Pampoenrokfunksie om as nuwe onderwyseres in die middel van al die meisies te staan terwyl die kreet geskree word. Hardwerkend, toegewyd en passievol is van die woorde waarmee leerders haar by ’n afskeidgeleetheid beskryf het. Juf. Roodt sê later al het sy gehoop om ‘n impak te maak in Oranje, kon sy nie die waardering van die personeel en dogters glo nie.

Soos daar by haar afskeid gesê is “die beste onderwysers onderrig uit die hart” en juf. Roodt is definitief een van die bestes.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal