)

Hoërskool Punt Se Wish Vereniging

Sedert die begin van die jaar het leerders en ouers Hoërskool Punt ondersteun met vrygewige bydraes van kruideniersware en kontantdonasies vir WISH se Kruideniersware Projek. Die doel van die projek is om Iemand Se Held te Wees deur bydraes van kruideniersware of kontant te bring wat dan gebruik word om die minderbevoorregte gesinne in die skool te help. Leerders en ouers kan Eenmalig, Maandeliks of Kwartaalliks bydra.

Punt is baie trots om te sê dat as gevolg van die Punt-familie se vrygewige bydraes, hulle reeds verskeie gesinne in nood kon bystaan. Hul sien ook dikwels wonderwerke plaasvind: Hulle het hierdie week byvoorbeeld ‘n pakkie voorberei vir ‘n gesin, maar het ‘n paar items gekort. Net voordat die gesin die pakkie kom haal het, het ‘n ander gesin ‘n pakkie ingebring met al die items wat hulle gekort het! Daar was ook heelwat leerders wat skenkings vanuit hul eie sakgeld gekoop het. Sulke stories maak Punt trots op hul Visse!

Baie dankie aan die leerders en ouers wat reeds items of kontant bygedra het. Verdere bydraes kan in die krat voor me. Van Staden se kantoor geplaas word. Kruideniersware en toiletware word gedurig benodig. Merk asb. die bydrae duidelik met die leerder wat dit skenk se naam en klas.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal