)

Hoër Landbouskool Oakdale verwelkom 106 Turke

Oakdale het vanjaar 106 nuwe Turke verwelkom. Weens al hul bedrywighede, het hulle nog nie tyd gehad om meer oor hulle uit te vind nie. Soos oudergewoonte het Oakdale by die eienaardige spesie gaan inloer om hulle beter te leer ken.

Lourens Brand is van Swellendam afkomstig.

Wat het jou op Oakdale laat besluit? My broer is hier en dit was nog altyd die skool vir my.

Wie is jou gunsteling onderwyser en hoekom? Meneer Hattingh. Sy manier van klasgee is vir my baie goed.

Wat geniet jy die meeste by Oakdale? Ek hou baie van die toutrek wat ons het. Ek voel sommer dadelik tuis daar.

Wat beteken die gesegde “Gee die duiwel wat hom toekom?” As jy goeie dade doen voel die duiwel sleg en as jy slegte dade doen voel die duiwel goed.

Wat beteken die idioom “Die bordjies verhang?” Jy kan na die tyd spog met alles wat jy bereik het.

Wie is jou meester? (matriek) Meester Pollie

Lukas Pretorius is van George afkomstig.want elke dag in sy klas gee ‘n ander ervaring.

Wat het jou op Oakdale laat besluit? My oupa het my van sy ervaringe op Oakdale vertelen ek was dadelik verlief op die skool.

Wie is jou gunsteling onderwyser en hoekom? Meneer van Huyssteen,

Wat geniet jy die meeste by Oakdale? Dis moeilik om te antwoord, maar ek sou sê die skool se rugby en goeie
resultate is wat ek die meeste geniet.

Wat beteken die gesegde “Gee die duiwel wat hom toekom?” Doen aan iemand anders wat hy aan jou gedoen het.

Wat beteken die idioom “Die bordjies verhang?” Dinge is vas, vaste reëlings is getref

Wie is jou meester? (matriek) Meester Welmar van der Mescht

Zane de Beer is van Witsand afkomstig.

Wat het jou op Oakdale laat besluit? My ouers wou my uit die huis hê! Nee, ek speel sommer, dit was die naaste BESTE skool.

Wie is jou gunsteling onderwyser en hoekom? Meneer Holtshauzen, hy maak LO ‘n interessante vak.

Wat geniet jy die meeste by Oakdale? Die feit dat ons die vryheid het om ons keuses te maak, reg of verkeerd.

Wat beteken die gesegde “Gee die duiwel wat hom toekom?” Wanneer jy slegte dinge doen, sal slegte dinge dan ook met jou gebeur.

Wat beteken die idioom “Die bordjies verhang?” Dit beteken dat alles nou amptelik vasgestel is.

Wie is jou meester? (matriek) Meester Steyn van Rensburg.

Fanus Pretorius is van Rustenburg afkomstig.

Wat het jou op Oakdale laat besluit? Oakdale is reg oor die land bekend as een van die heel bestes, en tussen Oakdale en Boland, is daar
nie eers ‘n keuse nie.

Wie is jou gunsteling onderwyser en hoekom? Meneer van Huyssteen. hy is baie goed in sy vakke en doen moeite.

Wat geniet jy die meeste by Oakdale? Ek kom van die stad af, so die plaas atmosfeer is vir my net die beste gevoel ooit.

Wat beteken die gesegde “Gee die duiwel wat hom toekom?” So ver my kennis strek, is dit wanneer jy vir iemand moeilikheid gee.

Wat beteken die idioom “Die bordjies verhang?” Die oomblik as jy gesê het jy gaan iets doen, dan moet jy dit doen.

Wie is jou meester? (matriek) Meester Benno Jooste

Jaydon Serfontein is van Barrydale afkomstig.

Wat het jou op Oakdale laat besluit? Ek het geweet Oakdale sal my die geleentheid gee om te verbeter op beide sport en akademiese
vlakke.

Wie is jou gunsteling onderwyser en hoekom? Meneer le Roux. Hy begin elke les met ‘n grap of twee.

Wat geniet jy die meeste by Oakdale? Die sport, maak nie saak watter sportsoort nie, net die sport in die geheel sit Oakdale ‘n trappie hoër as die res.

Wat beteken die gesegde “Gee die duiwel wat hom toekom?” Jy gee die duiwel wat hom toekom wanneer jy nooit Bybel lees nie en baie sonde doen.

Wat beteken die idioom “Die bordjies verhang?” Die vlag is nou opgelig, dit is nou tyd vir aksie.

Wie is jou meester? (matriek) Meester Welmar.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal