)

Laerskool Stulting wy nuwe Klubhuis in

En so het alles begin…

Uiteindelik het die dag aangebreek waarna almal met groot opgewondenheid uitgesien het.  Laerskool Stulting, Humansdorp, het op 22 April 2021 hul nuwe klubhuis met ‘n spesiale inwydingsgeleentheid gevier.

In 2016 is die Stulting Ondersteunersklub gevestig en saam met dit het daar ‘n groot behoefte aan spasie vir hierdie klub ontstaan.  Die klubhuisprojek het in 2017 begin, met baie beplanning en uitruil van idees.  Aanvanklik sou daar aan die huidige klubhuis aangebou word, maar later is daar besluit om ‘n heel nuwe gebou op te rig.  Uiteindelik is die planne geteken, goedkeurings is verkry en tenders het uitgegaan vir voornemende bouers.  Die amptelike konstruksie het in 2019 begin.  Ongelukkig het die Covid-pandemie groot vertragings veroorsaak, maar gelukkig kon die projek in 2021 voltooi word.

Op die grondvloer spog die klubhuis met 4 aantrekkamers, stortgeriewe en 2 skeidsregterkamers.  Die klubhuis se stoep bied ook ‘n pragtige 360° uitsig oor die rugbyveld, asook oor die tennis- en netbalbane wat dit natuurlik gerieflik maak vir sportgeleenthede.  Die klubhuis sal egter nie net vir sportdoeleindes aangewend word nie, maar die groot en gesellige onthaal-area, pragtige badkamers, kroeg en luukse kombuis op die 1ste vloer, maak ook van hierdie klubhuis ‘n gerieflike lokaal vir enige ander spoggeleentheid.

Die dekor is klassiek en skep ‘n warm, gesellige atmosfeer

Tydens die inwydingsgeleentheid is ‘n spesiale seremonie gehou waartydens ‘n rooi lint deur die stigterslede van die Stulting Ondersteunersklub geknip is, om die inwyding van die nuwe klubhuis mee af te skop.  Later is ook ‘n gedenkplaatjie ter ere aan die Ondersteunersklub en sy stigterslede onthul en die gaste kon die aand verder geniet met heerlike verversings en ‘n toer deur die klubhuis. 

Tydens die geselligheid is daar heerlik gekuier en gepeusel aan die vingerhappies

Laerskool Stulting se skoolhoof, Mnr. Coetzer, het ook van hierdie geleentheid gebruik gemaak om verskeie mense te bedank vir die onmisbare rol wat hulle gespeel het om die droom van ‘n nuwe klubhuis te verwesenlik. 

Stulting bedank dus hiermee die volgende rolspelers vir hulle ondersteuning aan die skool:

·         Mnr. en Mev. Jacobs van die Departement van Onderwys.

·         Die voormalige Beheerliggaam van 2018-2020 wat betrokke was by die goedkeuring van die gebou.

·         Die huidige Beheerliggaam van 2021-2023 wat betrokke sal wees met die instandhouding van die gebou.

·         Mnr. Jackie Ferreira wat die klubhuis se planne geteken het.

·         Mnr. Henk Agenbag van Humansdorp Koöperasie vir sy goedgesindheid teenoor die skool en die hulp met die boulening, sodat die projek voltooi kon word.

·         Mnr. Hardus van Rensburg, die bouer en projekbestuurder wat verantwoordelik was vir die voltooiing van die konstruksie.

·         Mnr. en Mev. Steenkamp vir die skenkings van die eetgerei, elektroniese toestelle, tafeldoeke, glase ens.

·         Mnr. Hennie du Plessis vir die masjienerie vir die grondwerke.

·         Die lede van die Ondersteunersklub, maar in besonder die stigterslede (André van Loggerenberg, Piet Foley, Anton du Preez, Gert Steyn, Manus Meyer, Ian de Lange, Conrad Dreyer)

Become a Sponsor
  • Related Posts

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby. Pearson High School, Gqeberha, proudly congratulates three of its rugby players on their selection to the EP U18 youth teams. These boys will represent their province…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal