)

Hoër Meisieskool Oranje 1ste Hokkiespan mik weer na nr 1 in SA

Vlnr: Nicóle le Roux, Zoë Erasmus, Carien de Wet, Kayla Olivier, Elné Lourens, Megan-Lee Myburgh, Leané McLaren, Ané Janse van Vuuren (k), Tuané van der Westhuizen, Sumari Janse van Rensburg, Irmarie Buys, Mia Prinsloo, Marlezé Hoffman, Naudene Prinsloo en Germarie Spershott.

Nadat die Covid-19-pandemie Oranje se eerste hokkiespan in 2020 weerhou het van ’n agtste agtereenvolgende jaar as die nr. 1 span in die land, hoop hulle om vanjaar die teenstanders én die pandemie ore aan te sit.

Oranje het vir sewe jaar (tussen 2013 en 2019) klokslag as die voorste meisiespan in Suid-Afrika op die skoleranglys geëindig. In dié tydperk is slegs 8 nederlae in 336 wedstryde gely. Morné Odendaal is die afrigter.

Verlede jaar het die span uitstekend afgesit voor die hokkiejaar opgeskort is deur hul eerste vier wedstryde teen Oos-Kaapse skole met 9-2, 8-0, 13-1 en 19-0 te wen. Daar is 11 oorblywende lede van verlede jaar se span. Hulle is Sumari Janse van Rensburg, Megan-Lee Myburgh, Ané Janse van Vuuren, Tuané van der Westhuizen, Leané McLaren, Irmarie Buys, Marlezé Hoffman, Nicóle le Roux, Naudene Prinsloo, Zoë Erasmus en Elné Lourens. Die vier nuwelinge is Kayla Olivier, Mia Prinsloo, Germarie Spershott en Carien de Wet. Die span word deur Ané aangevoer. Sy speel soos Megan-Lee, Irmarie en Sumari sedert 2018 vir die eerstes.

Die 15-tal bestaan uit drie matrieks (Sumari, Megan-Lee en Irmarie), sewe gr. 11’s (Zoë, Naudene, Nicóle, Ané, Leané, Marlezé, Tuané) en vyf gr. 10’s (Elné, Kayla, Germarie, Carien en Mia).

Die span speel Vrydag en Saterdag in Bethlehem. Vrydag om 12:20 teen Witteberg en om 15:40 teen Eunice.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal