‘n Uiters suksesvolle veiling ten bate van Laerskool Stulting, Humansdorp, en met die samewerking van GWK – Humansdorp is op Woensdag 31 Maart gehou.
Verskeie ouers en vriende van die skool het vee geskenk. Die vee is opgeveil tydens die GWK Maand-eind veiling in Humansdorp en die opbrengs aan die skool geskenk. Die skool het ook ‘n persentasie van die dag se inkomste ontvang.
Groot dank aan die Beheerliggaam van Laerskool Stulting en die bestuur van GWK – Humansdorp vir die geleentheid. En bowenal – groot dank aan die skenkers van die vee sowel as die kopers op die dag.
Foto verskaf