)

Hoërskool Nelspruit drieling op Bestuurskomitee van die VLR

Janu, Wentzel en Franco Erasmus (graad 12) van Hoërskool Nelspruit, is die eerste drieling in die skool se geskiedenis wat saam in die Bestuurskomitee van die VLR dien.

Twee van die broers is boonop ook adjunkdux’e: Franco is adjunkdux van Akademie, Geestelik en Nellie-hart en Janu van Kultuur en Bemarking. Hul ousus, Mia was in 2016 ‘n dux by die skool en is nou ‘n vierde jaar mediese student aan die Universiteit van Stellenbosch.

Met so ‘n dinamiese voorloper is dit dan ook geen wonder dat die broers ook na matriek wil gaan studeer nie. Janu wil ook soos Mia, medies studeer, Wentzel B.Com Rek en Franco wil homself as ‘n aktuaris bekwaam.

Die onkostes verbonde aan vier studente se studies gaan verseker ‘n aardige bedrag beloop. Die broers het besef dat hulle iets sal moet doen om hul ouers te help om fondse in te samel.

Gedurende die inperking het hulle ‘n brandrissiesous van ‘n oorspronklike Mosambiekse resep verfyn tot ‘n smaaklike sous van hul eie. Die sous ‘Triple Chill Sauce’ is nou beskikbaar en in verskeie plaaslike winkels te koop. Gaan besoek gerus hul Facebook of Instagram bladsye vir meer inligting: Branded_By_Triplets.

Die drie is dalk uiteenlopend geaard, maar is beslis ewe ambisieus en gedrewe. Met hierdie projek is dit duidelik dat hulle bereid is om die moue op te rol en die ekstra myl te loop om hul drome te bewaarheid. Die etiket van hulle sous sê dit alles: “Three times the brothers, three times the heat & three times the flavour!”

Foto’s verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal