Henco Bester, ‘n graad 9-leerder van Hoërskool Outeniqua in George, is as die top presteerder van die 2020 Wes-Kaapse Virtuele Eisteddfod aangewys. Hy was een van 1792 inskrywings in die kompetisie. Henco het aan 4 kategorieë deelgeneem, naamlik solosang – musiekblyspel (93%), solosang – eie keuse (95%), Afrikaans digkuns – eie keuse (100%) en Afrikaanse storievertelling (100%) en het pragtige terugvoer van die beoordelaars ontvang.
“Ons hier in Kwaggaland is besonders trots op hierdie uitnemende prestasie.”
Baie geluk Henco!
Become a Sponsor








