)

Hoërskool Witteberg leerders skitter in Western Mounted Games

“Western Mounted Games” is die vinnigste groeiende perdewedrenne in Suid-Afrika. Dit is ‘n tak van perdewedrenne waar baie vinnige speletjies gespeel word deur mense van alle ouderdomme.

Hulle benodig ‘n hoë mate van atletiekvermoë, goeie ryvaardighede, hand-tot-oog-koördinasie, vasberadenheid, deursettingsvermoë en ‘n mededingende gees, wat nogtans ‘n vermoë vereis om saam met ander ruiters te werk en ‘n bereidwilligheid om mekaar te help.

Hoe werk Western Mounted Games? Ruiters begin op ‘n Level 0 vlak en volgens tye wat gery word oor 13 verskillende items (waarvan net 5 items per kwalifiseerder) skuif hulle dan op in vlakke, uiteindelik tot by Level 4 volgens hulle ruiterkuns.

Hierdie kwalifiserende rondtes word gehou deur die jaar en ‘n ruiter moet aan 3 kwalifiserende rondtes deelneem om te kwalifiseer vir die Vrystaatspan om hulle provinsie te kan verteenwoordig by die Nasionale Western Mounted Games kompetisie wat in Oktober in Parys gehou sal word. Ruiters van al 9 provinsies neem in verskillende afdelings deel naamlik; Children: 13 jr/under Junior: 18jr/under Senior en Veterans: 45jr+).

Drie suksesvolle Vrystaat kwalifiserende rondtes is reeds in Parys gehou. Verskeie provinsies, distrikte en klubs was teenwoordig en het gesorg vir baie opwinding en gees.

Twee ruiters van Hoërskool Witteberg, Mieke du Plooy ( Graad 10) en Mignon Thomas ( Graad 8) het goed presteer met hulle onderskeie perde op verskillende vlakke.

Kwalifiseerder 1:

Vlak 3: Mieke du Plooy met Brown- Algeheel 2de plek

Mieke du Plooy met Zilla- Algeheel 5de plek

Vlak 1: Mignon Thomas met Yster- Algeheel 2de plek

Vlak 2: Mignon Thomas met Tequila- Algeheel 4de plek

Kwalifiseerder 2:

Vlak 3: Mieke du Plooy met Zilla- Algeheel 1ste plek

Mieke du Plooy met Brown- Algeheel 2de plek

Vlak 1: Mignon Thomas met Yster- Algeheel 1 ste plek

Vlak 2: Mignon Thomas met Tequila- Algeheel 3de plek

Kwalifiseerder 3:

Vlak 3: Mieke du Plooy met Zilla- Algeheel 3de plek

Mieke du Plooy met Brown- Algeheel 4de plek

Vlak 2: Mignon Thomas met Yster- Algeheel 2de plek

Mignon Thomas Met Tequila- Algeheel 6de plek.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal