)

Schools That Rock gesels met Simeon Joubert

Schools That Rock het ‘n paar vrae aan Simeon Joubert, Onderhoofseun van HoĆ«rskool Klerksdorp gevra.

Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Ek sien uit om weer saam met my vriende te kuier, om in ‘n ordentlike roetine te kom en beslis om so veel as moontlik van my matriekjaar te maak sodat ek dit op ‘n hoogtepunt  op akademiese, sport  en kultuurgebied kan afsluit.

Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wou sien by KHS? Om die leerders aan te moedig dat TYD ‘n geleentheid is! Ons gebruik van tyd, verklap ons prioriteit en vorm ons identiteit. Maak 2021 tyd vir werk, speel, lees, lag en vriende maak, maar die belangrikste is om tyd te maak vir God want dis die enigste standhoudende belegging!

Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om jou skool hul keuse te maak, wat sal dit wees? KHS is vanjaar 100 jaar oud en ‘n skool met ‘n  baie ryke geskiedenis . KHS is ‘n skool met ‘n baie hoĆ« standaaard op akademiese, sport en kultuurgebied, maar die belangrikste is dat KHS ‘n omgeeskool is!

Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? Om ‘n rolmodel by KHS te kies is onmoontlik, want ek wil niemand uitsonder nie. Vir my is dit elke personeellid wat ons elke dag op ons tone hou, diĆ© wat ons elke dag laat veilig voel in die tyd van onsekerheid en diĆ© wat ons help om nooit moed te verloor nie.

Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? My gunsteling sportsoorte is fietsry en tennis.

Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? My gunsteling gereg is, sonder twyfel, skaapboud met my ma se bekende Malva poeding.

Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Ek wil graag ‘n loopbaan in AktuariĆ«el of ‘n Geoktrooieerde rekenmeester word.

Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? My keuse van Universiteite is Stellenbosch of Tukkies.

Vraag: Wat is jou boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021? Trap jou spore so diep sodat selfs ‘n blinde persoon dit kan volg!

Foto’s verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal