)

Hoërskool Ermelo verwelkom graad 8 Errie-note

Foto: Margha Greyling en Richard Cloeté saam met graad 8, Marné de Jager, net voor die baadjie oorhandiging

Die graad 8’s van EHS is vanjaar “Note”. Dié naam sluit aan by die tema van 2021 se graad 8’s: van Noot tot Melodie. Elke noot vorm saam ‘n perfekte melodie by die Erries.

Op Woensdag 10 Februarie het die graad 8’s by Hoërskool Ermelo geregistreer en hulself tuis gemaak in die onderskeie huise.

Op Donderdag het die graad 8’s ‘n vol dag gehad van oriëntering wat prettige aktiwiteite soos ‘n skattejag ingesluit het, maar ook belangrike en nodige inligting, onder andere die skoollied, skoolreëls en Errie-waardes.

Na afloop van die besige dag was dit tyd vir ‘n besondere Errie-tradisie vir die graad 8’s. Elke graad 8 het ‘n individuele ontmoeting met die hoof, adjunkhoof, departementshoof of graadhoof, waar die Note uitgevra word oor hul ervaring van Hoërskool Ermelo, wat hulle geleer het, wat vir hulle die meeste uitstaan van EHS of waarna hulle die meeste uitsien. Die grootste gedeelte van die graad 8-note se antwoorde op dié vrae, was: “Respek”. As een van die belangrike Errie-waardes is dit vir Hoërskool Ermelo ‘n eer dat die graad 8’s op so ‘n vroeë stadium reeds die konsep van respek by die Erries ervaar en verstaan.

Na die gesprek het elke Errie-Noot die graad 8-Erekode, asook die verantwoordelikhede van ‘n Errie-Noot onderteken en hulle skoolbaadjies, wat hul op hangers moes ronddra, is deur ‘n leier vir elkeen aangetrek as simbool dat die graad 8-noot nou ‘n volwaardige Errie is. Nadat sy/haar baadjie aangetrek is, kry elke graad 8-leerder wat deel word van die Erries, die geleentheid om in ‘n spesiale bundel ‘n aanhaling te skryf wat vir hom/haar spesiaal is van die Erries. Wanneer die betrokke leerder die skool verlaat in graad 12, skryf hy/sy langs die graad 8-inskrywing ‘n groet as graad 12-leerder. Hierdie spesiale tradisie vind plaas in EHS se tradisieryke Argief.

Die dag is afgesluit met al die graad 8-Note en Errieraadslede in die Ouditorium met die sing van die skoollied waar elke graad 8 ‘n noot ontvang het om op ‘n leë notebalk te plaas. Dié note het saam die refrein van EHS se skoollied gevorm en so die tema van 2021 se Errie-graad 8’s onderstreep: elkeen se Noot lewer ‘n bydrae tot die perfekte Errie-melodie!

Op Vrydag 11 Februarie het die graad 8’s reeds ‘n vol rooster gevolg en sodoende elke onderwyser ontmoet, die klasse en roetine geleer en hul nodige boeke ontvang, sodat elke graad 8-Noot met die nodige vertroue by EHS se deur kan instap wanneer die skool amptelik begin op Maandag 15 Februarie.

Aan elke graad 8 Errie-noot: welkom by die Erries. Mag elke noot ‘n pragtige bydrae lewer tot die melodie van Errie-wees en mag jy elke dag jou Errie-lied uit volle bors sing.

Arend Fourie (EHS President 2021) besig om sy boetie, Zack Fourie, se baadjie vir hom aan te trek.

Pierre Duvenhage plaas die noot wat aan hom oorhandig is op die notebalk as simbool dat elke noot nodig is om ‘n melodie te vorm.

Driaan du Plessis besig om sy inskrywing te maak in die bundel in EHS-Tradisiekamer

‘n Groep van die EHS-graad 8’s aangetree op die teerblad: gereed vir Errie-wees!

Foto’s verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal