)

Hoërskool Nelspruit onderwyseres skryf ‘n boek

Foto: Juffrou Martie Naudé

DIE PADONKELS VAN HOEKOMSBERG

“As dit nie vir Covid-19 was nie, sou die Padonkels nooit gebore geword het nie,” sê Karools Vorster. Gedurende die inperkingstyd het sy besluit om die storie oor die Padonkels die lig te laat sien.
Sy het nog altyd die droom gehad om stories neer te pen, maar as ‘n baie betrokke onderwyseres het sy net nooit die tyd gehad om aandag daaraan te gee nie.

Karools is ‘n skuilnaam waaronder juffrou Martie Naudé skryf. Sy lag lekker in haar mou as sy vertel  hoe sy by dié naam uitgekom het. “Karools is die naam van my eerste troeteldier en Vorster is my ma se nooiensvan. Dis sommer simpel… maar ek het gedink dit is die naam wat ek wil gebruik.”

“Ek het nog altyd net opstelle gelees en gemerk en nooit gedink dat ek uiteindelik ‘n storie sal kan skryf en dit publiseer nie.”

Met die ondersteuning van haar familie en vriende het die storie van die Padonkels nie net op papier gebly nie. Die verhaal is pragtig deur Karen Breytenbach geïllustreer en saamgevoeg in ‘n sagteband boek.

Die storie handel oor ‘n eenvoudige, gelukkige gesinnetjie en hul vreemde diere in hulle ongewone wêreld. Dit sal ouers en kinders se verbeelding behoorlik aangryp. Haar wens is dat hierdie boek baie ure se voor- en saamlees en saamluister sal meebring. “As ek terugdink aan my grootword jare dan dink ek aan die tye toe my ma vir my stories gelees het. Ek koester daardie spesiale tye nou nog in my hart.”

Hierdie pragboek is Martie Naudé en Karen Breytenbach se eerste kinderboek. Hulle hoop om nog baie stories te laat volg.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal