)

Schools That Rock gesels met Daniël Botha

Schools That Rock het ‘n paar vrae gevra aan Daniël Botha, Hoofseun van Hoërskool Hoopstad

Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Om weer by my vriende en koshuisbroers te wees en om weer die uitdagings van die skool voluit aan te vat.

Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wil sien gebeur by Hoërskool Hoop[stad? Ons skoolhoof doen so baie moeite om Hoërskool Hoopstad een van die beste skole te maak. Hoekom verander aan iets wat reeds ‘n wenresep is!

Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om Hoopies hul keuse te maak, wat sal dit wees? By Hoopies is ons godsdiens ‘n baie groot deel van ons skool se trots. Ons sport is topklas. Die koshuise is puik en word soos jou eie huis wat jy nie wil verlaat nie. Hoopies staan saam, Hoopies staan Pa!

Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? My rolmodel is Mnr. Derrick de Clerk. Mnr. Derrick vat elke  uitdaging vas en maak vir enige probleem ‘n oplossing!

Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? My gunsteling sportsoort is rugby, want rugby het my geleer om saam met my spanmaats alles gee en hard te werk! Spanwerk is nr.1!

Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? Enige tipe vleis bv. Steak. Bykosse is ‘n bysaak.

Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Ek wil graag in die besigheidswêreld ingaan om werkloosheid te verminder. Nog een van my groot passies is om my stem te gebruik om mense van die HERE te vertel. Ek is baie lief vir sing en daarom sal ek graag later in my lewe ‘n sanggroep wil begin wat die woord van die Here versprei… maar wat moet gebeur sal gebeur soos die HERE wil…

Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Ek wil graag na die Pukke toe gaan.

Vraag: ‘n Boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021? Dit is ‘n moeilike tyd waar ons nou in is, maar elke negatiewe situasie het sy positiewe kant. Ons moet net die positiewe kant soek. Die HERE het ons nog nooit verlaat nie en Hy sal ook nooit nie. Vertrou op die HERE. “Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting!” Jeremia 29:11

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal