Hoërskool Aliwal Noord het tydens lockdown met hulle landsdiensaktiwiteite voortgegaan al kon hul nie bymekaar kom nie. Oos-Kaap Landsdiens het twee kompetisies vir die streek aangebied.
Die eerste was ‘n T-hemp ontwerp kompetisie wat Marnus Snyman gewen het.
Die tweede aktiwiteit was ‘n lockdown dans kompetisie. Die Landsdieners het baie inisiatief aan die dag gelê en moes hulle danse op video vasvang en aanstuur na Tonie Botha (Oos-Kaap voorsitter) vir beoordeling. Weér het ons klub koning gekraai.
Baie geluk aan Kayla Stephenson wat die wenner van die kompetisie was.
R250 is ‘n lekker prys!