Ryan Martin van Hoërskool Goudveld in Welkom, het met sy perde, Kadush en Volmoed Astrant, 4 eerste plekke, ‘n derde plek en ‘n vierde plek behaal in die 80cm en 90cm Showjumping.
Hy wen die 80cm Showjumping Kampioenskappe en word as die Victor Ludorum vir 80/ 90 cm Showjumping gekies.
Die prestasies is behaal tydens die SA Showjumping Children’s Kampioenskappe wat aangebied is te Cornerstone in Pretoria op 31 Oktober 2020.

Foto’s verskaf
Become a Sponsor








