)

Hoërskool Ermelo groet matrieks op gepaste wyse

Foto vlnr: Charles Randell en Gizelle Wilkens, Danie van Rooyen en Simoné Beyer, Elizia van Heerden en Luke Bulford
Dit is elke jaar vir Hoërskool Ermelo ‘n besondere groot voorreg om vir die matrieks ‘n glans-geleentheid te reël vir matriekafskeid.
Op Vrydagaand 23 Oktober 2020 het EHS se graad 11’s, graad 11-ouers en onderwysers weereens ‘n spog aangeleentheid gereël vir die matrieks van 2020 te Perdekraal. Ten spyte van die feit dat alles op kort kennisgewing gereël moes word weens COVID-19, het dit niks van die geesdrif gedemp nie.
Foto vlnr: Alana Leibbrandt en Vosjan Grey, Jana Nel en GJ Swart,Goodman Khumalo en Mpilo Nkonde
Nie net het die uitsonderlike uitrustings, kos, dekor, venue en geskenke getuig van Hoërskool Ermelo se unieke klas nie, maar ook van die spesiale band wat tussen leerders, onderwysers en ouers gevorm is in die vyf jaar van hoërskool. Dit het duidelik geblyk uit die emosionele toesprake wat deur die hoof, mnr Pieter Grobler, en die twee presidente van 2020, Vosjan Grey en Jana Nel, gegee is. Die matrieks is as geliefde Errie-leerders gegroet en toegewens met seën en voorspoed vir die toekoms.
Foto vlnr: Kenello Nchela en Pearl Nkosi, Yané Broekman en Zander de Beer, Gawie Diedericks en Zara Büchling
Nie net was daar ‘n spesiale tekenprent-kunstenaar vir die graad 12’s gereël nie, maar het die Erries ook die voorreg gehad om ‘n span van kykNet te kon deel hê van die verrigtinge. EHS se opname deur kykNet word in Januarie 2021 uitgesaai op kykNet Skole Top 10.
Voor die matriekafskeid was die jaarlikse modeparade wat deur die graad 10-leerders, -ouers en onderwysers gereël is. Hier kon die graad 12’s op ‘n stylvolle wyse met hul uitrustings spog. Ook hierdie geleentheid het plaasgevind met besondere sukses en styl.
Foto vlnr: Christiaan van der Merwe en Kerry-Ann Botha besig met ‘n onderhoud deur kykNet, Zeldine Pienaar en Jacques Potgieter, Meghan Houy en Adriaan Olivier
Foto vlnr: Luyanda Mabuza en Thamsanqa Nyantsumbe, Rico Jordan en Ania Snyman, Vosjan Grey en Jana Nel (presidente van 2020) besig met hul afskeidsboodskap

                                            Die dekor wat getuig van uitsonderlike smaak

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal