)

Hoërskool Nelspruit Matrieks gee unieke geskenk aan skool

NHS se matrikulante het ‘n baie unieke geskenk aan die skool gegee. Die trofee is in die skool ontvangs se uitstalkas.

Milda van Dyk en Handré Homann (Dux’e 2019/2020) het Vrydag, 16 Oktober, tydens die matrikulante se afsluitingsdiens ‘n geskenk aan die skool gegee. Dit is ‘n unieke 3D-trofee met ‘n hardekoolbasis en in die middel pronk ‘n NHS-masker.
Die simboliek van die drie halwe sirkels:
Buitesirkel: Die Matriekseuns
Sekuriteit en standvastigheid as fondasie in enige familie.

Middelsirkel: Die Matriekdogters
Samehorigheid en trots van ‘n familie.

Binnesirkel: Die Bestuurskomitee
Volharding, geloof en deursettingsvermoë; om saam met ‘n span voor te kan loop.

Hardekoolhout-voetstuk en -masker
‘n Unieke jaar van vasbyt, deurdruk met toewyding en baie aanpassings.

Goue bewoording: Aanvaarding en trots
Al was dit ‘n jaar gevul met teleurstellings, met geen vooruitsig van ‘n normale matriekjaar nie, sal die groep van 2020 steeds met trots Nellies wees.

Die trofee is vervaardig deur:
Gerhard Louw (A-Lo Creations Laser & Design)

Foto’s, uitleg en ontwerp:
Hennie Homann (HH Photography and Design) in samewerking met hoofleiers Milda van Dyk en Handré Homann, Kodak Crossings en Mo’s Studio Sonpark.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal