)

Hoër Meisieskool Oranje Matrieks 2020 se Studiekeuses

MEDIESE VELD GEWILDE STUDIEKEUSE VIR OMS MATRIEKS 2020 – Deur Ivanke van Jaarsveld
Die wye wêreld roep, die toekoms wink en kort voor lank is die OMS-matriekklas van 2020 oor etlike kilometers versprei, maar waar sal nuwe horisonne ontdek word?
Die besluite mag oorweldigend wees. ‘n Studiegeleentheid in die buiteland of eerder tuisbly? Dadelik by die werksplek inval of ‘n gapingsjaar? Koshuis of woonstel?
Dit wil voorkom of Kovsies en Maties die gewildste keuses onder Oranjeniete is met 47% van die matriekklas wat aangedui het hulle gaan hul studies by een van dié twee universiteite voortsit. In die derde posisie is die Noordwes-Universiteit wat met 20% van die matriekklas spog. Daarna volg die Universiteit van Pretoria met 6%-belangstelling.
Die oorblywende deel van Oranje se 2020-matriekklas gaan hulle toekomsplanne by ander universiteite of tersiêre instellings afskop. Unisa, die Univerisiteit van Kaapstad, CTU, Stenden Universiteit, Elisabeth Galloway en Isa Carstens is onder meer ander verkose universiteite en instellings.
Daar is ook ‘n hele klompie matrieks, byna 7%, wat beoog om ‘n gapingsjaar te neem hetsy dit is om werksondervinding op te doen of in die buiteland te gaan werk.
Die meerderheid van die matriekklas se belangstelling lê in die mediese veld met sowat 20% wat onder meer mediese dokters, verpleegsters, fisioterapeute en dieetkundiges wil word. ‘n Stewige 8% van die skoolverlaters beoog om aanstaande jaar onderwys te studeer en die derde posisie word gedeel deur B.Com en B.Rek met elkeen sowat 5% belangstelling.
Ander studierigtings sluit in argitektuur, sielkunde, somatologie, ingenieurswese, regte, aktuariële wetenskap, verbruikerswetenskap en kunsrigtings soos grafiese ontwerp.
Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal