)

Hoër Meisieskool Oranje: Hokkie

Matilé Prinsloo se broers en susters beter in hul pasoppens wees, hulle mag dalk net ingeruil word vir ’n hokkiewedstryd.
Dis nou indien Matilé (gr. 12) voor die keuse gestel moet word wat sy bereid sou wees om op te gee vir nog een laaste geleentheid om vir Oranje se eerste hokkiespan te speel.
“Ek sal eerlikwaar al my broers en susters inruil. Ek sal enigiets doen vir nog ’n wedstryd saam ons span van 2020,” sê Matilé.
“Dit was vir my baie hartseer toe ek uitvind ek gaan glad nie die jaar weer vir die span kan uitdraf nie. Ek voel ek het die jaar goed begin en sou graag vir die laaste keer my alles op die veld en vir my span wou gee.
“Ek het uitgesien om my laaste jaar goed af te sluit en na al die toernooie en om elke laaste oomblik die hokkie te waardeer en geniet.”
Volgens haar was hulle doelwit om elke kragmeting op hulle beste te wees. “Om elke wedstryd as ’n eindstryd te beskou en om die beste ‘brand’ van Oranje-hokkie op te dis vir mekaar en die mense wat kyk.”
Die interskole-kragmeting in haar gr. 8-jaar teen Collegiate staan vir Matilé uit.
“Dit was ons eerste inter teen hulle en dit het nog gereën kort voor ons wedstryd. Ons het met 11-0 gewen en ek, Truné (Prinsloo) en Mikkela (le Roux) het in die middel gespeel in ons verskillende rye. Ons het so lekker saam gespeel.
“Agterna het Morné (Odendaal, afrigter van die eerste span) vir ons gesê hoe goed ons was en dat hy baie opgewonde is oor ons toekoms (al drie het die volgende jaar die 1ste span gehaal).”
Matilé sê hulle het altyd tien minute voor ’n oefening opgedaag om met mekaar te kuier. “Die harde werk wat elkeen insit en Morné maak alles die moeite werd en elkeen speel vir die span en plaas die span eerste.
“My boodskap aan my spanmaats van 2020 is om elke liewe oomblik te waardeer en as jy dink jy werk hard, moet jy harder werk, want jy weet nooit wat jy werklik het totdat dit van jou afgevat word nie.”
* Die artikel is ’n eerbetuiging aan Matilé vir haar diens aan die skool se 1ste hokkiespan en vir dit wat sy vanjaar vir die span sou beteken het, maar nie die kans gekry het nie.
Foto’s verskaf
Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal