Foto vlnr: Vianke Herbst en Kamryn Lowe
Nadat deelname aan die nasionale rondte van die Radikale Redenaarskompetisie opgeskort is, is eerste plekke aan twee leerders van die Hoër Meisieskool Oranje toegeken. Vianke Herbst (gr. 11) is eerste in die land in die lees-afdeling (prosa) en Kamryn Lowe (gr. 8) eerste in die Engelse lees-afdeling (poetry). Kamryn het ook twee derde plekke behaal. Die plekke is bepaal op grond van die digitale opnames wat vir die provinsiale rondte gemaak is. Rehanjo Swanepoel (gr. 12) is tweede in Engels addisionele taal en Karlien van der Merwe (gr. 8) tweede in die lees-afdeling (prosa).
Become a Sponsor









