By Hoërskool Pietersburg stel hulle ‘n hoë premie op gehalte onderrig en bly die akademiese vordering van hulle leerders hul eerste prioriteit! Dit is juis vir dié rede dat me. Zandria Howard deur die Beheerliggaam aangestel is as Akademiese Bestuurshoof, met onmiddellike aanvang.
“Ons vertrou dat PHS se akademie steeds hoër sal vlieg met die bekwame dame aan die stuur!!”