)

Hoër Meisieskool Oranje: Tennisnuus

Ná vyf jaar as ’n lid van die eerste tennisspan het Gizelle Naudé (gr. 12) gehoop om met ’n tweede Amanda Coetzer-tennistitel af te sluit.
Dit was egter weens die pandemie nie moontlik nie.
“Ons span het ‘n doel gehad en dit was om vanjaar die Amanda Coetzer-trofee huis toe te bring. Ek het uitgesien na watter hoogtes ek en my span vanjaar sou bereik het,” sê Gizelle.
Hulle kon wel ’n paar toernooie speel, die laaste daarvan die Gerrie Berner-toernooi twee weke voor die begin van die inperking waar Oranje die naaswenner was.
“Dit is baie hartseer om te dink dat my laaste wedstryd vroeër aangebreek het as wat ek verwag het. Ek sal my kleintoontjie gee vir nog net een kans om saam met my span te speel.”
Volgens Gizelle, wat in 2017 vir die SA o.15-skolespan gespeel het, was die wen van die Amanda Coetzer-toernooi in 2018 haar tennishoogtepunt van haar hoërskoolloopbaan. “Ons het teen Bloemhof in die eindstryd tot baie laat gespeel en dit was ‘n dubbelswedstryd wat bepaal het wie wen die titel.”
Sy sê om vir Oranje se eerste span te speel het die beste uit haar op die tennisbaan gehaal.
“Dis nie net ‘n skool nie en dit is nie net ‘n span nie. Dit is vriendinne wat vir my sussies geword het en ‘n skool wat soveel geleenthede bied. Jy word slegs teen die bestes gemeet en dis wat jou motiveer om altyd beter te wil doen.
“Dankie aan my spanmaats vir al die lewenslange herinneringe wat my altyd sal bybly,” sê Gizelle.
* Die artikel is ’n eerbetuiging aan Gizelle vir haar diens aan die skool se 1ste tennisspan en vir dit wat sy vanjaar vir die span sou beteken het, maar nie die kans gekry het nie.
Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal