)

Hoër Meisieskool Oranje se eie top-fotograaf

Foto: Guinevere Pretorius
Met ’n bekende pa as fotograaf en ’n oog vir kuns was dit seker vir Guinevere Pretorius bestem om ook agter die kameralens in te klim. Dié gr. 12-leerder in OMS het selfs al begin geldmaak met haar onderneming, G Photography.
Sy neem al sedert die begin van gr. 11 haar vriendinne af. Sedertdien het G Photography al so uitgebrei dat sy in aanvraag is vir dinee-, verlowings-, matriekafskeid- en troufoto’s. Die virus was die oorsaak dat haar eerste troue waar sy foto’s sou neem, uitgestel is.
G Photography het die lig gesien toe sy gesien het dat twee sussies foto’s neem van hulle vriendinne en dit op Instagram plaas. Sy het gedink dit was oulik en het dit vir haar pa, ‘n bekende fotograaf, gewys.
Sy geniet solofotosessie die meeste. Volgens Guinevere word die beste foto’s geneem wanneer die model begin ontspan. Sy geniet veral fotosessies wat “weird” is, soos modelle wat onderstebo op trappe lê. Sy glo ook in verskeidenheid en hou daarvan om nuwe idees op die proef te stel.
Kliënte vertel vooraf wat hulle in gedagte het waarna Guinevere ‘n geskikte plek soek om die foto’s te neem. Die fotosessie neem ongeveer ‘n uur waarna die redigeerwerk wag. Sy doen gemiddeld vier fotosessie per maand. Sy kry haar inspirasie by fotograwe soos haar pa en sê haar ma is soos ‘n ideemasjien wat met baie idees help.
Sy het haar liefde vir fotografie van haar pa, Johan, geërf. “Ek het van kleins af in sy studio gesit en huiswerk doen terwyl hy foto’s neem. Ek het gesien hoe hy die fotograaf vir daardie generasie is en ek wou die fotograaf vir die nuwe generasie wees.”
Haar FUJIFILM X-T1-kamera was ‘n geskenk van haar pa en sy het van sy toerusting wat hy oor die jare versamel het, gekry. Volgens haar help dit baie as jou pa die bekende Johan Pretorius is. “Hy het baie kontakte en deel graag sy ervaring as fotograaf met my.”
Guinevere is nie net ‘n talentvolle fotograaf nie, maar ook ‘n uitstekende kunstenaar. Sy geniet dit veral om gesigte te teken. Sy beplan om aanstaande jaar onderwys in Potchefstroom te studeer. Sy sal fotografie steeds as ‘n stokperdjie wil beoefen.
– Deur Carla Fourie
Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal