)

Hoërskool Upington Leerder semi-finalis in Digitale toneelfees kompetisie

Die FAK het in Augustus vanjaar in samewerking met Allegretto Eisteddfod ʼn digitale toneelfees kompetisie geloods vir hoërskole om hul tienertoneel bloot te stel deur sodoende nog ʼn optreevlak vir toneel te skep.  Leerders kon in die afdeling ʼn monoloog inskryf en juffrou Lesley Swart van Hoërskool Upington het ʼn stuk van 6 minute geskryf wat deur Chrizelle Strydom opgevoer is.  Die stuk getiteld “Wegbreek” speel af waar ʼn tiener in haar kamer voor haar rekenaar tydens die grendelstaat met haar vriendin in ʼn “video call” gesels.  Juffrou Swart het ook ʼn gedig wat deur Chrizelle self geskryf is en vanjaar in die Poort Tiener literêre bundel opgeneem is, in die regie ingewerk.

Chrizelle is as een van die 7 nasionale semi-finaliste aangewys wat later vanjaar teen mekaar gaan optree om sodoende die wenner aan te wys.  Die organiseerder het gesê om die “semi-finaal” te haal is ʼn briljante prestasie aangesien daar soveel inskrywings was om van uit te kies.  Edrien Erasmus, een van die beoordelaars en bekende aktrise het Chrizelle se optrede as “uitstekende karakterisering met lieflike energie” beskryf.  Sy het ook dan hierdie paar se skryfwerk as “uitstekend” bestempel.

Phillru van Achterberg, die hoofbeoordelaar en bekende verhoogakteur, het Chrizelle gelukgewens met haar “natuurlike toneelspel” en gesê die teks het haar toegelaat om natuurlike en realistiese toneelspel te lewer en dat dit presies was wat die paneel van beoordelaars gesoek het.

 

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal