)

Hoërskool Oosterlig doen die Jerusalema Challenge!

Hier is hy nou! Pret in 2020 – Oosies doen die Jerusalema Challenge!

#Matriek2020 #Oosterlig #Jerusalema #Challenge #JerusalemaChallenge

Hoërskool Oosterlig, Boksburg, is trots op dit wat hulle in ‘n kort tydperk van 23 jaar vermag het.

“Ons gee erkenning aan die geskiedenis wat ons skool vooraf gegaan het. Die tradisies wat ons in hierdie tyd tot stand gebring het, sal ons altyd koester. Die leiers en administrateurs wat voorgeloop het, was ware baanbrekers. Ons prestasies beskou ons nie as vanselfsprekend nie.

Dit getuig van uitsonderlike talente van ons kinders, kundige personeel en afrigters, wonderlike ouers uit die gemeenskap en groot genade van ons Hemelse Vader.

Hoërskool Oosterlig steun op waardes en norme wat vir ons ononderhandelbaar is soos: Ons Christelike Geloof; Liefde; Moedertaalonderrig; Respek; Verantwoordelikheid; Passie; Integriteit; Dankbaarheid

Totale skoolopleiding by Hoërskool Oosterlig berus op die volgende drie ontwikkelingsvelde nl. akademie, sport en kultuur. Ons leerlinge lewer op hierdie terrein uitstekende prestasies.

By ons skool is dissipline vir ons baie belangrik, maar ons gun elke leerling lewensruimte. Sekerlik is dit waar ons slagspreuk sy oorsprong kry, nl.:”

“Hoërskool Oosterlig – waar prestasie nog pret is!”

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal