)

Hoërskool Vrede se ATKV-tak wen Vrede Vonk toekenning

Hoërskool Vrede is verskriklik trots op die Vrede Vonk ATKV-tak wat ‘n toekenning by die Algemene Jaarvergadering gewen het. Vrede het die prys ontvang vir die jeugtak met die hoogste funksionaliteit in KwaZulu-Natal en Oos-Vrystaat.

Al is die lewe die afgelope paar maande op sy kop gedraai en al is die toekoms onseker, het ATKV-takke die afgelope jaar steeds hoop gebring en het hulle steeds ’n verskil in hulle gemeenskappe gemaak.

ATKV-takke speel op vele terreine ’n groot rol binne gemeenskappe in Suid-Afrika en Namibië om gestalte te gee aan die missie en visie van die ATKV. Met van die kleinste tot die grootste projek slaag ATKV-takke daarin om die ATKV se voetspoor te vergroot en ’n Afrikaanse kultuurtuiste vir mense te bied.

Sonél Brits, besturende direkteur van die ATKV-MSW, sê ATKV-takke is die “uitvoerders” van die ATKV se gemeenskapsbetrokkenheid. Brits voeg by dié organisasie en veral sy takke het ten doel om ’n katalisator van hoop en verandering in gemeenskappe te word, sodat die gemeenskap homself kan begin transformeer.

“Geluk en dankie aan al die ATKV-takke vir toewyding en verskil wat gemaak word.”

Die ATKV-takke het in al vier fokusareas (taal, kunste, gemeenskap en onderwys)  van die ATKV hul stempel afgedruk.

Baie geluk aan die lede van Hoërskool Vrede jeugtak, asook Juffrou Lilene.

Hoërskool Vrede is regtig trots op julle!

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal