)

Hoërskool Ermelo leerder skitter in Danslyn 2020

Errie dans plek los in Danslyn 2020
‘n Graad 9-leerder van Hoërskool Ermelo, Johnke Prinsloo, het tydens die inperkingstyd deelgeneem aan SDS- (Solo Dance Schoolsport), SDL- (Solo Danca Latina), asook Street Dance-kompetisies. Die plekke vir die kompetisies is behaal na die beoordeling van video’s wat die deelnemers ingestuur het.
Johnke verower 12 goue medaljes, drie silwer medaljes, drie brons medaljes, ses vierde plekke, een vyfde plek en drie sesde plekke in die Solo Dance Schoolsport-kompetisie. Die kategorieë waaraan sy deelgeneem het, sluit onder andere Hip Hop, Performing Arts, Solo Latin, Rhythm & Movement, Cha Cha, R&M en Street Fixture in.
In die Solo Dança Latina-kompetisie behaal sy vyf goue medaljes, twee silwer medaljes, drie brons medaljes en twee vierde plekke. Die kategorieë waaraan Jonhke tydens dié kompetisie deelgeneem het is Energy, Samba, Jive, Bhangra, Jazz, Spanish, Cha Cha, Slow Style, Ballet en Paso Doble. Sy behaal ‘n brons medalje in die Street Dance-kompetisie.
Na aanleiding van hierdie uitstaande prestasies wat Johnke behaal het, is sy gekies om deel te wees van ‘n ABS-produksie, Danslyn 2020, wat verskyn op kykNET.
Baie geluk, Johnke! Die Erries is trots op jou. Mag jou hart en voete saam dans op die ritme van jou sukses.
Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal