Chrizelle Strydom, een van Uppies se graad 12 leerders het tydens die grendeltyd aan die aanlyn dramakompetisie deelgeneem en is toe as een van die nege nasionale finaliste aangewys.
Sy het die afgelope Saterdag aan die finale aanlyn oudisie deelgeneem en ons het die wonderlike nuus ontvang dat sy algeheel op nasionale vlak in die tweede plek geplaas is. Baie baie geluk aan hierdie aktrise van Uppies.
Hierdie nasionale aanlyn dramakompetisie is deur die bekende aktrise, Ira Blanckenberg, en haar man, Waldemar Schultz aangebied word.
Become a Sponsor








