Miceala Erasmus, ‘n graad12-leerder van Hoërskool Ermelo, het onlangs aanlyn deelgeneem aan die Talent Africa Nationals 2020 kompetisie.
Sy het twee video’s ingestuur vir die kategorie 15 tot 17 jaar “Backtrack Vocal” waarvoor sy twee bronsmedaljes sowel as provinsiale kleure ontvang. Micaela ontvang ook ‘n aanbod van ‘n musiekstudio in Johannesburg om ‘n “cover”-album op te neem.
Hartlik geluk, Micaela. Die Erries is besonder trots op jou! Mag jou stem vir almal wat dit hoor tot groot seen wees!
VIDEO
https://www.facebook.com/100001808942203/videos/pcb.602210907098312/3899020506834876/