)

Hoërskool Strand leerder gekies vir kursusse by Two Oseane Akwarium

Martin Theron in graad 10 van Hoërskool Strand,  is vanjaar weer gekies vir twee kursusse by die Two Oseane Akwarium in Kaapstad.

Daar word slegs 50 leerders uit al die skole in die Wes-Kaap gekies. Hulle sou gedurende die Maart-vakansie elke dag klas bygewoon het en sou aan verskillende aktiwiteite deelneem.  Weens die inperking is die akwarium gesluit en sou die kursus nie plaasgevind het nie.  Die Akwarium het egter wel  ‘n plan beraam deur die kursus met behulp van Google Classroom en Zoom aan  te bied.

Martin het elke dag vanaf 9:00 tot 14:00 die klasse virtueel bygewoon en die assesseringstoetse aanlyn saam met die aanbieders gedoen.  Ten spyte van die moeilike omstandighede (in Engels met heelwat onbekende Engelse terme)  het hy dit steeds voltooi en 78% vir die “FET Marine Biology”-kursus behaal.

Dit is voorwaar ‘n prestasie om op trots te wees!

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal