)

Miché Johns OMS se eie supergirl

Miché Johns met haar nasionale en provinsiale sportdrag

Om nege sportsoorte aan te pak (en Vrystaat-klere in hulle almal te behaal) beteken Miché Johns moet elke bietjie tyd in ’n dag aanwend.

Dit behels dat sy soggens reeds om 05:00 in die swembad spring. En saans maak sy eers teen 18:30 klaar met haar dag se oefening. Maar baie hooi op haar vurk skrik die 14-jarige Miché klaarblyklik niks af nie. Haar veelsydigheid is iets besonders.

Sy in die afgelope jaar provinsiale kleure in swem, atletiek, landloop, opewaterswem, lewensredding, tweekamp, hokkie, laserrun en biathle/triathle vermag. Sy het ook Suid-Afrika in triathle, laserrun en opewaterswem in 2019 in die buiteland verteenwoordig en is as wêreldkampioen in triathle gekroon.
Sy het op Oranje se prysuitdeling die sportambassadeurstrofee ontvang.

Volgens Miché oefen sy daagliks haar swem en hardloop. Dié twee is haar gunsteling-aktiwiteite. Ná skool is dit skermoefening tot 15:00, gevolg deur swemoefeninge en dan van 17:00 tot 18:30 hardloop sy. Saans draf Miché ook gou haar huiswerk kaf, sommer so vir ‘n afwarming vir die dag.

Triathle, waarin sy einde verlede jaar op die Wêreldkampioenskap haar ouderdomsgroep gewen het, het Miché al na lande soos Batumi, Portugal, Spanje, Ierland, Budapes en Amerika geneem.

Sy het reeds in gr. 2 met triathle, biathle en laserrun begin en elke jaar nog ‘n sportitem begin beoefen én baasgeraak. Miché het verlede jaar met vyfkamp begin, maar weens die grendeltydperk het dit haar voorbereiding beïnvloed. Sy oefen tans tuis op die trapmeul, maar die inperking het ‘n groot invloed op haar oefenprogram en gaan met vele uitdagings gepaard.

“Ek hou daarvan om na musiek te luister terwyl ek oefen, veral musiek met ‘n ‘beat’, soos Queen Key se ‘My way’. As ek aan ‘n item deelneem, bly ek gefokus deur gewoonlik aan ‘n liedje te dink. My geheime resep voor ‘n groot kompetisie is beetsap en piesangs,” sê sy.

Haar pa, Eben, is volgens haar haar grootste ondersteuner en motiveerder. Miché is dankbaar vir al haar talente en gee alle eer aan die Hemelse Vader. “Met toegewydheid en volharding sal jy in enigiets wat jy aanpak die vrugte pluk,” glo sy.
Haar doelwit is om vir die Jeug- Olimpiese Spele in vyfkamp in 2022 te kwalifiseer.

As sy nie oefen nie, maak Miché graag prettige TikTok-video’s. So meisies, gryp ‘n piesang, want jy gaan baie energie nodig hê om haar te volg by @michejohns.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal