)

Primêre Skool President Brand se Graad 7’s keer terug na die skool

Die Vlammies by PBS, Bloemfontein, het gister met klasse begin na die Covid-19 pandemie. Al die leerders was baie opgewonde en kon nie wag om te begin leer.
Die Vlammies se waardes:

TROTS
• Ek praat positief oor my skool en onderwysers.
• Ek ondersteun my maats wanneer ons spansport doen.
• Ek doen my werk só, dat ek en my ouers trots is daarop.
• Ek werk saam om ons skool en terrein netjies te hou.
• Ek is trots op my prestasies sonder om daaroor te spog.
• Ek is trots om ‘n Vlammie te wees en dra ‘n positiewe beeld uit.

RESPEK
• Ek kyk mnr. / juf. in die oë as ek praat.
• Ek respekteer ander se idees en opinies.
• Ek praat opbouend en mooi met mense.
• Ek vra toestemming wanneer ek iemand se besittings wil leen / gebruik.
• Ek gebruik die volgende aanspreekvorms: Juffrou en Meneer.

GEHOORSAAM
• Ek voer instruksies / opdragte reg en dadelik uit (doen wat mnr. / juf. vra).
• Ek kom skool- en klasreëls na.
• Ek doen gereeld my eie huiswerk.
• Ek is stiptelik na pouse terug by my klas.
• Ek stel ‘n goeie voorbeeld vir my maats met my optrede.
• Ek reageer dadelik wanneer ek deur ‘n volwassene aangespreek word.

OMGEE

• Ek bemoedig / troos iemand wat sleg voel.
• Ek help nuwe leerders om welkom en tuis te voel.
• Ek vergewe as iemand ‘n fout gemaak het teenoor my.
• Ek deel met ander wat minder bevoorreg is as ek.
• Ek voel jammer vir iemand waarmee geraas word of ‘n oortreding kry.
• Ek kweek liefde en omgee in my hart vir my maats.
• Ek bewaar die vrede in ‘n woordewisseling en / of bakleiery.
• Ek speel graag met maats wat alleen is.

VERANTWOORDELIK
• Ek daag op en is betyds vir oefeninge en wedstryde.
• Ek aanvaar verantwoordelikheid vir my foute en erken my foute.
• Ek neem verantwoordelikheid vir die gevolge van my gedrag (maak reg).
• Ek pas my besittings op.
• Ek skryf my huiswerk af wanneer dit gegee word.
• Ek bring alles wat ek nodig het skool toe om te werk.
• Al my besittings is duidelik gemerk.

GOEIE MANIERE
• Ek groet ander beleefd, ook besoekers aan ons skool.
• Ek maak plek wanneer volwassenes wil verbykom.
• Ek is bedagsaam op die stoepe en staan op om te groet.
• Ek is hoflik (vriendelik) teenoor ander in dit wat ek sê en doen.
• Ek stel my saak op ‘n kalm manier sonder om kwaad te word.
• Ek wag dat ander voor my by die deur instap.

SELFBEHEERSING
• Ek bly koelkop (kalm) as my vriende wil baklei.
• Ek ignoreer ander leerders wanneer hulle my terg.
• Ek beheer my tong en my humeur.
• Ek maak wyse keuses sonder dat ander my beïnvloed.
• Ek dink eers en kies my woorde goed voordat ek praat of iets doen.
• Ek kies die regte tyd en plek om my gevoel uit te druk.

EERLIKHEID
• Ek doen my eie werk in toetse en eksamens.
• Ek vertel die waarheid sonder om iets by te las of uit te laat.
• Ek gee verlore goed / geld terug aan die persoon waaraan dit behoort.
• Ek erken my foute en leer daaruit (blameer nie ander nie).
• Ek kry die regte inligting, eerder as om te beskuldig of te skinder.
• As ek iets geleen het, besorg ek dit in ‘n goeie toestand terug.

 

Become a Sponsor
  • Related Posts

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal is ongelooflik trots op Anè Joubert. Sy het onlangs haar merk gemaak by die D.T.M.A Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap. Anè het nie net provinsiale kleure…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal