Schools That Rock publiseer kort berigte oor ‘n aantal oud-leerders van skole op ons Facebook en Webtuiste.
Hoërskool Vryburg staan nie terug wanneer daar oor oud-leerders as wenners gepraat word nie! Hannon Bothma, oftewel die alombekende Hannon Bothma, se wortels is in Vryburg. Daar is bykans nie een vrou in Suid-Afrika wat nie vir Hannon en sy skoonheidsmiddels ken nie!
Glo dit as jy wil, maar Hannon Bothma het op Laerskool as Cravenweek-rugbyspeler op die veld gedraf. Hy glo dat sy lengte hom gehelp het om die bal telkens in die lynstane te vang. Hy glo dat die ballet hom gehelp het om hoog te kan spring. Sy grootste oomblik was toe hy in standerd 5 (graad 7) teen een van sy neefs in ‘n rugbywedstryd te staan gekom het. Daardie middag het Hannon vier drieë gedruk!
Vandag is Hannon Bothma sekerlik een van die bekendste skoonheidskonsultante in Suid-Afrika. Hy het al vele dames na hul asem laat snak wanneer hy hulle ‘n “make over”, met sy eie Hannon-produkte gegee het!
Hannon se beste skoonheidsraad: “Maak tyd vir mooimaak, maar moet nooit ‘n minuut te lank spandeer as daar ‘n goeie avontuur is wat wag nie.” En moderaad: “Dra ‘kleur by jou gesig wat jou op jou mooiste laat lyk, dan gaan almal dink jy’s in die mode!”