Voorpos se span:
Agter vlnr: Gerrit Smits (Afrigter), Ernest Beukes (Afrigter), Phillip Green, Louwan Harper, Sylvester Hoffman, Nico vd Westhuizen, Darren Swartz, Cayden Daniels, Gregan Jansen, Desmond Julies (Spanbestuurder) en Sorica Coetzee (Tellinghouer)
Voor vlnr: Ruan Renison, Savio Stephens, Giovanni Snyders, Reichardt Eiman en Ā Wian Pienaar
Die 9de aflewering van hierdie fees het die naweek van 16 en 17 Augustus in Upington plaasgevind. Soos ouder gewoonte het spanne oor die Noord-Kaap na Upington gereis omĀ deel te neem. Laerskool Seodien, Kathu ā wat 2 spanne gebring het -, Vooruitsig, Oranje Noord, Op die Voorpos en KEW van Kuruman het hul spelers gebring om kragte te meet tydens die legendariese fees.
Die fees het afgeskop met 25 boulbeurt wedstryde op velde regoor die dorp: by Uppies, Kollege en 8SAI. Die toestande was gunstig vir goeie krieket en hoƫ tellings is aangeteken deur die spanne wat gesorg het vir skouspelagtige krieket.
Vrydagaand is gewoonlik die dag se hoogtepunt, waar spelers onder ligte kan speel by Uppies. Die Uppie-fees is die enigste fees waar daar aandkrieket gespeel word in ons streek. 10 Boulbeurte is toegelaat en uiters goeie krieket is gespeel. MTN/URB en Intertekens het vir alle spelers ān feeshemp en waterbottels gegee vir die fees.
Die pryswenners wat deur die afrigters van al die spanne aangewys is:
- Beste kolwer was SW van Heerden (Seodien)
- Beste bouler was Sylvester Hoffman (Op die Voorpos)
- Beste veldwerker was Ethan van Zyl (Oranje Noord)
- Beste vangskoot was Malan Lubbe (Seodien)
- Grootste 6 is gegee aan Lohantle Maseko (Kathu)
- Beste paaltjiewagter was Darryl Swarts (op die Voorpos)
Groot pryse, vanaf selfone tot tablette wat deur MTN/URB geborg is, is aan die spelers oorhandig. ān Besonderse voorreg vir die seuns om sulke pryse by ān fees te kan verower.
Saterdag het die spanne weer mekaar in die oƫ gekyk vir 40 boulbeurte. Alle wedstryde het weereens goeie gehalte krieket opgelewer wat net bewys dat Krieket in die Noordkaap-platteland baie gesond is.
HoĆ«rskool Upington wil graag vir al die spanne baie dankie sĆŖ dat hulle die fees bygewoon het. Hulle bedank ook die borge. Volgende jaar is dit die fees se 10de herdenking en dit beloof om ān groot fees te wees.

Vlnr: Niekie Smit, Hein Stasch (Afrigter), Jordan Fortuin, AJ Burger, Herman Theron, Ethan van Zyl, Ruan Janse van Rensburg, Alwyn Wickens, Ethan Prins, PW Hamman, Henry Paige, Franco Swart (Afrigter) en Janro v ZylĀ Ā Ā Ā Ā Ā Ā Ā Ā Ā Ā Ā Ā Ā Ā Ā Ā Ā Ā Ā Ā Ā Ā Ā Ā Ā Ā Ā Ā Ā Ā
Become a Sponsor










