)

Erries PROPvol omgee!

Voor vlnr: Francois du Plessis, Banele Nhlapo en Daniel van der Merwe
Agter, vlnr: Nicole Venter, Banele Nhlapo se ma, me. Betsie Vermeulen en Leandri Beyer

Omgee is ‘n passie vir Hoërskool Ermelo en die Erries se omgeeharte het duidelik na vore gekom tydens vanjaar se Errie-Raadsprojek.

Die Erries het in klasverband gekompeteer om soveel as moontlik bottelproppies bymekaar te maak. Die doel van hiervan is om die proppies vir rolstoele te ruil en aan behoeftiges te gee. ‘n Barometer het deurgaans die stand van sake aangetoon en is met groot belangstelling dopgehou.

Sportbyeenkomste was ‘n geleentheid vir elke klas om die barometer te laat kook. Asblikke is deursoek vir proppies en selfs ashope is verlos van hope plastiek.

Die Erries het 960kg, ‘n formidabele 500 000 proppies, aan die Sweetheart Foundation oorhandig. Deur middel van hul Gift of Movement projek ruil hulle ons proppies vir minstens twee rolstoele.

In die proses het die Erries nog twee rolstoele vanuit die plaaslike gemeenskap ontvang.  Tydens ‘n opening in die Ouditorium het hulle die stoel aan die vyfjarige Banele Nhlapo oorhandig. Hy is blind en verlam gebore en tot op hede moes sy ma hom ronddra. Die Erries was aangedaan om te sien dat hulle daadwerklik ‘n verskil in iemand se lewe maak.

EHS bedank graag die volgende:

  • Hoëveld Skryfbehoeftes, Fresh Stop en Bottomless Blessings Coffee Roastery vir die borg van die pryse vir wenklasse.
  • PNR Transport wat die 960kg proppies gratis vervoer het na Krugersdorp.

Die Erries sit met dankbaarheid die PROP op 2019 se PROPPIE-projek.

‘n Groep Erries by ’n gedeelte van die proppies wat ingesamel is.

 

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Thought of the Week – Gedagte vir die Week

Thought of the Week – Put on all the armor that God gives, so you can defend yourself against the devil’s tricks. Ephesians 6: 11, 12 Gedagte vir die Week…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal