)

Ligbron o/14 seunshokkiespan maak geskiedenis

Die o/14 seunshokkiespan van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo het vanaf 26 tot 28 Julie, aan die Noordvaal B Toernooi deelgeneem by Hoƫrskool Rustenburg plaasgevind het. Donderdag het die seuns in hul poel wedstryde, twee Wedstryde teen Hoƫrskool Rustenburg gespeel. Hulle speel die eerste wedstryd gelykop met 1 elk, verloor die tweede wedstryd 0-6 en dring sodoende deur na die kwartfinale.

Vrydag-oggend kom die seuns in die kwartfinaal teen Stanford Lake College te staan en wen die wedstryd met 2-1. Vrydagaand speel die Liggies in die semifinale teen HoĆ«rskool Krugersdorp en eindig die spannende wedstryd gelykop met 1 doel elk, waarna ā€˜n 8-sekondes gehou word.

Die Liggies wen die 8 sekondes met 5-1 en dring sodoende deur na die finaal. Saterdag speel Ligbron in die finaal teen Hoƫrskool Rustenburg. Teen halftyd het beide spanne nog geen punte aan- geteken nie, maar Rustenburg slaag daarin om in die laaste 9 min 2 doele aan te teken.

Ligbron se o/14 seunshokkiespan eindig as die naaswenners van die Noordvaal B Toernooi. Hierdie span is ook die eerste seunspan in Ligbron se geskiedenis om in ā€˜n Noordvaal Toernooi deel te neem. Die Liggies is baie trots op hierdie span se prestasies en is opgewonde vir die res van hulle hokkie-jare by die Liggies.

Foto voor v.l.n.r: Musa Phakathi, Tansanqa Mrubata, Alex Kriel, John-Peter Krause, Aphelele Bengu, Thabiso Zwane en Sibonelo Buthelezi.

Agter staan v.l.n.r: Vusi Nkosi (afrigter), Zander du Preez, Micael Jardim, Dirk Koch, Henno Terblanche, Xander Lourens, Dylan Roodt, Markus Kruger, NW Bezuidenhout, Blake Schoeman en Mariske van Niekerk (spanbestuurder).

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – HoĆ«rskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wĆŖreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ā€˜n vasberade leerder van HoĆ«rskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…Ā  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…Ā  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal