Die dogters hokkiespanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, het Maandag, 28 Mei teen HTS Middelburg in Middelburg gaan speel as deel van hulle laaste ligawedstryde voor die uitspele begin. Die uitspele vir eerskomende Saterdag, 9 Junie, op onderskeie dorpe plaas. Die Liggies se telling teen HTS Middelburg was as volg: o/14 verloor 0-2 en eindig 4de in die Hartland Streek; o/15 speel gelykop 0 elk en eindig 3de in die Hartland Streek; o/16A verloor 1-2 en eindig 4de in die Hartland Streek; die tweedes speel gelykop 0 elk en eindig 2de in die Hartland Streek en die eerstes wen 2-0 en eindig 2de in die Hartland Streek.
Vanjaar het die Hartland Streek uit die volgende deelnemende skole bestaan: HTS Middelburg, HTS Witbank, Hoërskool Middelburg, Hoërskool Genl Hertzog en Ligbron Akademie vir Tegnologie. Die Tweedespan het Saterdag, 2 Junie in Volksrust aan die Mpumalanga Grootskole uitspele gaan deelneem en met 1-2 teen Komatipoort verloor en 0-6 teen Hoërskool Ermelo. Hulle het sodoende hulle liga op ‘n hoë noot geëindig.
Die res van die spanne sal eerskomende Saterdag, 9 Junie aan die eerste uitspeel rondte deelneem. Die o/14’s sal op Hoërskool Ermelo se velde teen EHS en Hoërskool Oosterland speel, o/15’s speel op Curro Secunda teen Hoërskool Standerton en Hoërskool Rob Ferreira, die o/16’s speel Curro Bakenveld teen EHS en Hoërskool Hoogenhout en die eerstespan speel op Hockey Farm in Witbank teen Curro Bakenveld en Hoërskool Standerton.
Become a Sponsor









