)

Hoërskool Piet Retief skitter by Interhoër

Die Interhoër byeenkoms was die afgelope Saterdag aangebied by Hoërskool Standerton.  Die skole wat deelgeneem het aan hierdie byeenkoms is H/S Standerton, H/S Secunda, H/S Generaal Hertzog, H/S Hoogenhout, H/S Volksrust en natuurlik H/S Piet Retief!

Ten spyte van strawwe kompetisie het ons atlete puik presteer en kom ons algeheel derde! Ons is voorwaar baie trots op elke atleet wat sy kant gebring het op die baan.

Ons MOTTO vir die dag was “ELKE PLEK IS ‘N PUNT”! Ons atlete het verbete geveg om onder die eerste ses plekke te wees sodat hulle ‘n punt vir die span kon verdien.

Vier van ons top atlete is dan ook met trofeë beloon:

 

Beste Worpe Junior Dogter Lize de Beer Skyfwerp (30.95m)
Beste Worpe Junior Seun Jandré Venter Skyfwerp (45.76m)
Beste Spronge Senior Dogter Miéke van der Walt Hoogspring (1.59m)
Beste Hekkies Junior Dogter Thabsile Mashabane 90Mh (14.40)

 

Die volgende EERSTE PLEKKE behaal (21 GOUE MEDALJES!):

 

Zené Jonker D 0/16 100m, 400m
Deacon Pretorius S 0/15 100mH
Thabsile Mashabane D 0/14 200m, 90mH, 100m
Zander Coetzee S 0/14 300mH, Verspring
Henno Delport S 0/14 Spiesgooi
Hugo Meyer S 0/15 Spiesgooi
Angelic Klingenberg D 0/19 Spiesgooi
Lize De Beer D 0/14 Skyfwerp
Jandré Venter S 0/15 Skyfwerp
Anika Paul D 0/17 Skyfwerp
Gawie Blignaut S 0/14 Hoogspring
Alton Lourens S 0/16 Hoogspring
Mieke van der Walt D 0/17 Hoogspring
Olwethu Zwane G U/14 Long jump
Ruben Fouché S 0/16 400mH
Judhi Rens D 0/19 Gewigstoot
Aflos:

Ruben Fouché

Siyanda Blose

Allester Giles

Ndumiso Dludla

S 0/16

 

Daarby behaal ons ook 22 tweede plekke,

29 derde plekke, 27 vierde plekke, 25 vyfde plekke en 22 sesde plekke. Voorwaar ‘n puik prestasie! Elke medalje-wenner is ook beloon met ‘n sonbril deur Mark Lawrence Optometrist.

Niemand kon ons entoesiastiese dirigente in hulle kleurvolle Flinstone-uitrustings miskyk nie! Saam met die ywerige sangtoeskouers het hulle gesorg vir die nodige gees en aanmoediging.

Graag bedank ons elke afrigter, atleet, dirigent en sangtoeskouer vir julle toewyding en harde werk. Saam maak ons ‘n wenspan. Dankie ook vir elke ouer en toeskouer vir u getroue ondersteuning.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal