Leon du Preez, ‘n graad 10 leerling by Ligbron Akademie vir Tegnologie het vanjaar Buite Senter vir Ligbron se o/16A rugbyspan gespeel wat nie net Mpumalanga Kampioene was nie, maar hulle het ook deurgedring tot by die Semifinale van die Virseker Beker. Leon was ook gekies as die skrumskakel vir die o/16 Grant Khomo rugbyspan wat gedurende die April skoolvakansie in Bloemfontein deelgeneem het en Mpumalanga verteenwoordig het.
Leon het gedurende die Oktober-vakansie die Hoëveld verteenwoordig in die Hoëveld Bokkie 7’s rugbyspan waarna hy gedurende verlede week uitgevind het dat hy opgetrek word na die SA 7’s Bokkiespan wat gedurende Desember na Kenya sal toer waar hulle aan ‘n toernooi sal deelneem. Baie geluk Leon. Jy werp beslis die vrugte van al jou harde werk.