Vandré Swart (Gr.11), van Hoërskool Ermelo, het Saterdag 14 Oktober 2017 aan die Nasionale Radikale Redenaarskompetisie deelgeneem. Hy het ingeskryf vir die afdeling: Poësievoordrag.
Hy het met sy voordrag van die gedig, Spooroorwegramp by Henley-on-Klip deur die digter JC Steyn, ‘n derde plek verower!
Die Erries is trots op jou! Baie geluk, Vandré!