Luyanda Mabuza, Gr 9-leerder van Hoërskool Ermelo het Saterdag, 2 September 2017 deelgeneem aan die Mpumalanga Landloopkampioenskappe te HTS Witbank. Tydens die byeenkoms het hy ‘n tweede plek behaal in die seuns o/16 ouderdomsgroep.
Luyanda is na afloop van die kampioenskappe gekies vir die Mpumalanga Landloopspan. Hy gaan op 29 September deelneem aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Kimberley.
Baie sterkte, Luyanda! Die Erries is besonder trots op jou!
FOTO HEEL BO: Luyanda Mabuza