)

INTERSKOLE: HOËRSKOOL PUNT vs LANGENHOVEN GIMNASIUM

Punt Gholfspan: Malcolm Hamilton, Estian Hobbs, Reece Taljaard, Wouter Dercksen, Divan Oosthuizen en Ian Pautz.

GHOLF:

Hoërskool Punt, Mosselbaai, se 1ste gholfspan het die Interskole goed begin deur Langenhoven Gimnasium, Oudtshoorn, gemaklik met 163 punte teenoor 108 punte te wen.

RUGBY:

Hardlooprugby en goeie vaardighede was die wenner op die dag tussen Punt en Gimnasium. Die o/14A-span skop die dag af met ‘n baie goeie vertoning en wen ‘n spannende wedstryd 22-15.

Die o/14B-span bewys ook wat in hulle steek, en wen 24-5.

Die o/15A-span behou hulle goeie vorm en wen 24-0, die o/15B-span val ongelukkig vas teen ons buurskool, Hillcrest  0 – 10.

Die o/16A-span wen in ‘n baie goeie wedstryd 34 – 26, en speel Gimnasium van die veld af.

Die o/19B-span val ongelukkig vas na ‘n rowwe seisoen.

Punt se eerstespan begin hul wedstryd stadig en staan vinning ‘n paar drieë af.  In die tweede helfte begin die wedstryd draai en Punt druk twee goeie drieë  (Wallie Roux en Anslin Hermanus), Jan-Hendrik Marx druk ook ‘n baie mooi drie. Ongelukkig verloor Punt momentum en verloor 21 – 36.  Die skare het die dag se rugby geniet en kan verseker trots wees op die eerstespan. Hierdie span, onder leiding van Heinrich Alberts, het nie een oomblik opgegee nie. De la Rey Steyn was Punt se man van die Wedstryd.

Punt se netbal-  en hokkiespanne het gemengde welslae behaal en die  wedstryde was baie spannend.

 NETBAL: (Punt se tellings eerste):

o/14A: 12 – 30

o/14B: 22 – 13

o/14C: 11 – 11

o/14D: 9 – 11

o/16B: 28 – 18

o/16A:16 – 34

o/17B vs 18D: 17 – 30

o/17A vs 18B: 18 – 22

o/18C vs 18C: 9 – 26

1ste Span: 31 – 32

SEUNSHOKKIE: (Punt se tellings eerste):

O/14 A: 2 – 0

O/16 A: 1 – 0

1ste Span: 1 – 3

DOGTERSHOKKIE: (Punt se telling eerste):

o/14A: 0 – 3

0/16A: 0 – 4

2de Span: 1 – 1

1ste Span: 1 – 3

Dit was ‘n heerlike sportdag wat in ‘n baie goeie gees plaasgevind het.  Baie dankie aan ons besoekers, Langenhoven Gimnasium, dit was ‘n voorreg om julle hier by ons te kon verwelkom.  Ons sien julle in 2020 in Oudtshoorn.

Hoërskool Punt sal in 2021, tydens ons eeufeesviering, weer die gasheer-skool wees. 

Tacha-Marie Joubert, Punt 1ste netbalspan

(Foto deur:  I Pietersen Punt Fotografieklub)

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal