)

KFC Hoërskool Punt Krieketfees 2018

Hoërskool Punt van Mosselbaai is trots om weereens vanjaar, in samewerking met KFC Heiderand en Voorbaai, die KFC Punt Krieketfees vir o/19-spanne aan te bied.

Dit is vanjaar die 20ste keer dat skole van regoor Suid-Afrika hier in die Suid-Kaap bymekaar gaan kom om krieket te speel.

Die doel van die fees is om vir 0/19-seuns die geleentheid te bied om hul vaardighede te slyp, vriendskappe te smee en ons pragtige omgewing te verken en te geniet om sodoende tot die ontwikkeling van ons plaaslike krieket en gemeenskap by te dra. Ons vorm ook met trots deel van die Mosselbaai Munisipaliteit se jaarlikse sportfees wat ‘n aktiewe leefstyl aanmoedig, en Mosselbaai, die dorp, bemark.

Vanjaar neem 26 skole aan die toernooi deel. Wedstryde word in George, Oudtshoorn en Mosselbaai gespeel en sal daagliks om 9:30 by die verskillende velde afskop. Ons nooi almal uit om die verskillende velde te besoek en ons spanne te ondersteun. Hoërskool Punt en KFC is trots om deel te wees van hierdie projek!

Hierdie ‘n trots Hoërskool Punt en Mosselbaai Dorp geleentheid!

Mnr Rudolf Botha (Hooforganiseerder)

SKOLE BETROKKE BY KFC PUNT KRIEKETFEES 2018:

HOËRSKOOL PUNT, HOËRSKOOL OUTENIQUA, GLENWOOD HOUSE, HOËRSKOOL OUDTSHOORN, LANGENHOVEN GIMNASIUM, HOËRSKOOL SENTRAAL (BEAUFORT-WES), HOËRSKOOL DESPATCH, PAREL VALLEI, HOËRSKOOL BRACKENFELL, HTS DANIEL PIENAAR, HOËRSKOOL TYGERBERG, HOËRSKOOL STRAND, HOËRSKOOL DIAMANTVELD, HOËRSKOOL FRAMESBY, WORCESTER GIMNAMSIUM, HOËRSKOOL DURBANVILLE, HOËRSKOOL STELLENBERG, HOËRSKOOL NICO MALAN, HOËRSKOOL BELLVILLE, HOËRSKOOL CHARLIE HOFMEYR, HOËRSKOOL SWARTLAND, BOLAND LANDBOU, PAARL GIMNASIUM, HOËRSKOOL SENTRAAL (BLOEMFONTEIN), HOËRSKOOL DF MALAN EN MARLOW LANDBOUSKOOL.

Klik hier vir die wedstrydbepalings

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal