)

Hoërskool Punt in Mosselbaai geniet hul Punt Natuurlewestap

[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_image _builder_version=”3.0.73″ src=”https://schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2018/02/Punt-Natuurlewestap-1.jpg” show_in_lightbox=”on” url_new_window=”off” use_overlay=”off” sticky=”off” align=”left” always_center_on_mobile=”on” border_style=”solid” force_fullwidth=”off” /][et_pb_text]

Vrydagmiddag, 9 Februarie, het 2 skoolbussies met 32 baie opgewonde leerders (waarvan 24 Gorries) vertrek na ons eerste natuurlewestap.  Almal was baie opgewonde en die volgestopte rugsakke is baie gretig ingelaai. 

 

Ons eerste oornag was ‘n ene Ludwig se gewese woonplek.  Ons het net die sakke neergesit en toe in die dam gaan afkoel.  Terug by die hut het ons ‘n lekker vuur gemaak, gebraai en mekaar lekker om die kampvuur leer ken.

 

Later die aand het ons op ‘n nagmars gegaan, geen ligte …… pikdonker …… die bestemming …..  ‘n verlate begraafplaas!  Ons was vreeslik bang en dit was ‘n baie groot verligting toe ons weer veilig by die oornagplek aankom.

 

Na ‘n lekker nagrus het ons Saterdagoggend in alle erns begin stap, 17km, wat nie altyd maklik was nie.  Daardie  opdraendes en afdraendes het ons bene lekker lam gehad.  Dis daar waar ons besef het dat al die heerlike kos en drinkgoed op ons rug, darem baie swaar kan raak.  Ons het gelukkig weer by ‘n swemgat uitgekom en kon heerlik afkoel.  Na ‘n baie lang dag het ons uiteindelik die aand die hut by Rondebossie bereik.  Ons was flou, honger en elke spier in ons lywe het gepyn!

 

Ons het net die sakke neergegooi en op die gras gelê en rus.  Aandete was weer heerlike braaivleis. Om die aand mee af te sluit, was dit weer ‘n wandeling in die bos!  Tydens hierdie wandeling is die grillerige storie van Ludwig aan ons oorgedra!  Ludwig was vreeslik depressief na die dood van sy vrou en kinders en ‘n vrou in die omgewing was jammer vir hom en het begin om vir hom kos te bring.  Ludwig het egter letterlik sy tande begin skerp maak, net om een aand die vrou te gryp, te byt en by die trappe af te stamp.  Sy is toe dood as gevolg van die val.  Dit was maar ‘n skrikkerige klomp kinders wat seker gemaak het die deure en vensters se knippe en grendels  is styf vasgemaak vir die nag wat voorlê.

 

Sondagoggend het ons die laaste paar kilometer gestap.  Almal was baie opgewonde om die bussies te sien en op pad huis toe het ons lekker gelag oor die naweek se pret.  Baie dankie aan Me. Nel en die leiers wat die naweek ‘n groot hoogtepunt  in ons jaar gemaak het.

[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal