25 Februarie was ‘n spesiale geleentheid waar Hoërskool Strand se rugbygroep van 23 spelers hul eerstespan rugbytruie vir die 2019-seisoen ontvang het.
Die trots van elke seun en hul ouers was duidelik sigbaar. Dankie aan die ouers wat die geleentheid bygewoon het.
Hoërskool Strand het groot waardering vir hul twee borge nl. Rola Toyota, Somerset-Wes en Seed Oil , wat die spelers se volle speeldrag en ekstras borg.
(Foto bo:) Vlnr: Divan Kotze (Afrigter), Lian Carpenter (kaptein), Chris du Toit (Rola Toyota Somerset-Wes)